Rus in Vrede Liewe Kind. #justicefor Waynevanzyl.
- Anoniem
Rus in vrede ....
"He shall grow not old, as we that are left grow old;
Age shall not weary him, nor the years condemn.
At the going down of the sun and in the morning
We will remember him."
- Anoniem
Rus in vrede my maat, jou nie fisies geken nie, maar jy's nou op 'n beter plek. Geregtigheid sal verskied. Slaap sag by Liewe Jesus se voete.
Angelwings well deserved!
- ~ Jacques
Wayne ek het jou nie lank geken maar van die eerste ontmoeting het ek n vriendelike..spontane..goeie hart..behulpsaam..liefdevol en vol grappies mens leer ken. Jou en Shanice se liefde het uit beide van julle geblom. Altyd so lekker gelag as ek jou wou steel by Shanice en saam jokes gemaak.." is dit Wayne of Waide...Shanice of Chinese" dus memories wat altyd in my hart sal wees. Jy los leemtes in soveel mense se lewens op verkillende maniere. Jou liefde vir jou medemens en jou liefde vir jou familie en geliefde sal my altyd by bly.
- Tannie Anelda
Woorde kan nooit beskryf wat n mens voel nie. Wayne ek het jou vlugtig ontmoet en ek dink jy was die sweetest.
Familie my hart Gaan uit na julle toe en hierdie wond sal altyd n merk los julle bly in my hy gebede Hoop geregtigheid sal geskied.
- Anoniem
alle sterkte en liefde aan die familie en vriende. ons hart bloei vir julle.
- Morne
Ek ken julle as familie nie maar my hart gaan in n duisend stukke uit na julle...
Ons het ook my boeta verloor op die 3de November.
Dis die seerste seer ooit maar ons God is groot
So Baie Sterkte aan julle uit my hart 🙏🙏🙏
- Anneske Pottas
Wayne jy was so special vir so baie mense en was net goed vir almal om jou!
Geregtigheid sal geskied ons harte is so seer 😪
- Jenine
Dis nioot mooi om ons geliefde seun broer vriend so te sien gaan nie ,maar ons troos ons daar in om te weet dat God sy seun terug geneem het na die huis waar ons mekaar weer eendag sal vind . Cor en famielie wens ek julle baie sterkte toe en vertrou dat God julle sal dra
- Tehann Jooste
STERKTE AAN DIE FAMILIE EN VRIENDE IN HIERDIE SEER TYD MAG DIE HERE BY JULLE STAAN
- Anoniem
Aii wayne ek weet nie eers wat om te se nie jy was so n goeie mens met so n goeie hart en het glad nie verdien wat met jou gebeur het nie jou lig sal vir nog baie jare vir ons almal skyn dankie dat jy so baie omgegee het vir ons almal en dat jy so goeie voorbeeld was jys n yster chomm❤️
- Zané
Ons was nie veel meer as skool kennisse nie en ek sal lieg as ek sê ons het ooit 'n gesprek gehad maar Shanice was een van my beste vriendinne op skool en ek kon nooit' n slegte ding uit haar mond uit hoor oor jou nie. Jy het haar werklik gelukkig gemaak!! Sy het die mooiste glimlag op fotos saam jou en die helderste oogies daarby. Ek weet dit klink nie reg as ons sê "God's plan" nie maar eendag sal ons verstaan. Ek lees al die mooi goed wat mense oor jou te sê het en dit voel skielik of ek jou so goed geken het. Dankie dat jy so goeie mens was en dat jy my maatjie so goed behandel het in die tyd wat julle saam gehad het. Protect her from above now!! Rest in peace x
- Anoniem
Baie sterkte
Vir die familie
Glo Jesus waak oor jul in di tyd
Liefde
Marlene
- Anoniem
Wyane,
Ek het jou nie persoonlike geken nie maar jy was een vir my broer se beste vriende.
Jou dood het hom geruk en die gemeenskap ook.
My innige simpatie vir jou gesin en Shanice.
Die dood van 'n geliefde is nie 'n maklike ding nie en die manier hoe jou lewe tot 'n einde gekom het is hartverskeurend.
My familie het net goeie dinge van jou te sê en van al die boodskappe is dit duidelik dat jy soveel mense se lewe verryk het. Daar sal altyd 'n diep leemte nou wees, maar ook soveel goeie herrinneringe.
Rus sag liewe mens.
- TR
SO JAMMER OOR ALMAL WAT WAYNE SE LEWE GEDEEL HET ,SY OUERS ,FAM EN VRIENDE !
BAIE STERKTE MAG JESUS JUL HIERDEUR KRAG GEE ! BID VIR JULLE
- FRANCIS ESTERHUIZEN
Mag die Here julle in hierdie verskriklike tyd styf vashou. As 'n ma, gaan my harte uit na julle en julle familie.
- Anoniem
Jy was n onhelooflike goeie jong man met uitstekende waardes. Die rukkie wat ek jou geken het, het ek by jou baie geleer. Jammer vir die familie se verlies maar ek weet jy is n aanwins vir ons Vader daar bo.
- Wayne Pienaar
Wayne was die vriendelikheid vanself, altyd n glimlag op sy gesig gehad. Sy teenwoordigheid, skaterlag en sprankelende persoonlikheid gaan beslis gemis word.
Rus in vrede.
- Soné
Ek wens net jy kan sien hoe baie mense jy aangeraak het,en hoe baie mense vir jou lief is. Mag jy net so skitter daar bo soos jy hier op aarde geskitter het
- M
Ek maak my oë toe en my hart bloei. Jy was saam my kinders op skool. Dit voel soos gister wat jou lewendige glimlag vir my gesê het "Hallo Tannie" sal mens ooit sin vind in die hele malheid. Die aarde is armer sonder jou.
- Lizelle en Raymond en Vincent en Lizè
Jy was n goeie mens. Ek is so jammer vir jou. Sterkte met jou nuwe journey.
- Stephan Venter
Wayne my maat, ek mis jou! Dankie vir al die goeie tye, want elke oomblik wat ek saam jou spandeer het was altyd net lekker gewees! Sal jou nooit vergeet nie... RIV my Yster!
- Tiaan Van Aswegen
Baie sterkte aan vriede, familie, woorde gaan nie die seer weg neem nie. Rus sag Wayne. Ta Marlene en oom Christo. ❤️🙏🙏
- Ta Marlene en oom Christo.
Liewe Wayne.
Ek sukkel om die regte woorde te kry.
Daar is baie trane wat oor mense se wange brand.
Ons het mekaar nie rerig goed geken nie.
Maar tog waar ek hier sit en die skryf kry ek n steek pyn in my keel soos ek probeer om die trane terug te hou. All wat ek 100% seker is oor, is dat jy gemis gaan word deur baie mense. Daar was baie keure op skool waar jy en jou groepie vriende grappies gemaak het wat die skool dag sommer net beter gemaak het. Jy het in jou lewe baie mense laat lag.
Rus sag.
Ek will net aan all Wayne se vriende en familie sê Jammer dat julle deur die pyn gaan. Dit is ook all wat n mens kan sê. Sterkte
- Lizé Marzelle Els
Rus sag my vriend.
Oom Cor en die gesin. Mag die Here saam julle staan en saam deur die pyn werk. Eks jammer om te hoor oor Wayne. Sal julle in my gebede hou.
- Jan-Hendrik van Niekerk
Wayne , ek het jou nooit persoonlik geken nie , maar ekt verskriklik baie van jou gehoor , n goeie ou wat altyd almal om jou wou gelukkig sien , jy was en is steeds n goeie mens , wel nou n goeie engel in die Hemel , ek dink aan jou familie en vriende , jys een van die mense wat die wereld n beter plek gemaak het xxx
- M.R.
Liewe Wayne. Ek het jou en jou boeties as klein seuntjies by Laerskool La Hoff leer ken. Ek kan nie glo dat iemand jou sou wou seermaak nie. Rus sag. Mag God met jou familie en vriende wees.
- Tannie Leonè
Wayne , dit voel so unreal
Ons het vir Jaar na Jaar altyd so lekker gekuier in Desembers by Rocky Bay
En amper elke dag in die Vakansie Chocolade Brownies geeet
Ek kanie glo jys net weg nie
Mag jy sag rus en die vrede vind wat jy verdien
Jy was so goeie mens regtig jy was
Ek sal jou altyd onthou
Sterkte aan al Wayne se geliefdes x
- Shanrika
Liefste Wayne....die glimlag kind.....dit is wat elke dag op jou gesiggie was, n lieflike glimlag....jy los ons met mooi herhinneringe..
Liefde Neltjie
- Neltjie
Wayne jy het die mooiste smile gehad en jou sagte geaardheid sal ons altyd onthou! Ek onthou die baie klein seuntjie wat ons in Koffiebaai ingewag het! Net daar waar die teerpad ophou moes ons jou Pa kry! Ek sien die klein seuntjie sit so teen n draad met n welige bos blonde haartjies en toe jou Pa stilhou kom jy aangehardloop! Jy was bietjie ver en ons kon nie sien wie die klein seuntjie was nie! Ons sal die gesiggie alryd onthou! Ons sal altyd lief bly vir wie jy was in ons lewes!
- Oupa Awie en Ouma Laura
Liefste Wayne...
Vir jare was jy en my seun mekaar se "vlerk". En daar is net dood eenvoudig geen woorde wat my dankbaarheid vir jou kan beskryf ni, juis omdat jy altyd n opregte vriend was deur dik en dun vir Johan. So ook was jy n moerse smart oudste boeta vir Madre en ek onthou baie goed hoe spesiaal sy gevoel het di dag toe jul haar in potch gaan haal het toe sy deur n rowwe tyd gegaan het. Was dit ni vir jou groot en goeie hart ni, sou ons nie die probleem sou gou kon uitsort nie. Ek en Michelle het gedurig geselsies gehad oor hoe mooi en rein en opreg jy is en dat di wêreld dalk net dalk n te rowwe plek is vir jou goedhartigheid en sagte siel. Jys volgens ons nog altyd in die few good men boksie en sowaar het jy toe uitgedraai om n besonders en uitstaan jong knaap te word. Ek weet Johan en Jolene gaan jou veraltyd onthou en veraltyd mis. Vir Willow sal hul nog vir jare en jare stories vertel en sy sal verseker weet wie oom Wayne was en hoe lief hy vir haar was. Rus in vrede Wayne en weet verseker jou plekkie is leeg hier by ons maar waar jy nou is is presies waarvoor ons almal lewe en jy is in n baie beter plek. Tot weer siens.
- Blom
Vandag het ek nodig om op n bergtop te staan en my longe uit skree, of langs die see te stap waar die golwe my hartseer krete kan wegsteek. Vir 23 jaar het ek jou geken, van die klein tingerige skaam seuntjie tot die verantwoordelike suksesvolle jong man wat jy was! In al hierdie tyd kan ek nie een keer onthou dat ek jou kwaad gesien het nie. Jou saggeaarde temperament het soveel mense geraak. Diegene wat jou lewe so maklik geneem het, kan maar probeer om jou karakter uitmekaar te trek. Maar ons wat jou geken het, weet wie en wat jy was!! Jou plekkie is leeg by ons, maar jy sal altyd in ons harte voortleef. Rus sag Wayne, tot ons weer ontmoet!
- Anoniem
Liefste Wayne x
Jy gaan deur so baie mense gemis word.
Jy los n groot leemte hier.
Sterkte aan familie, vriende en Shanice x
- Anoniem
'n Engelkind was jy beslis.
' n Skepping van uniekheid, vriendelikheid en sprangkelend, het die Here jou in jou ma se skoot geweef.
Jy was vir ň kort tydperk aan ons geleen hier op moeder Aarde,
maar tog soveel verrig vir duisende mense...
Wayne Van Zyl,
die naam wat eens genoem was wanneer daar ň uitbars van giggelende laggies die hele vertrek vul, met jou grappies en altyd sin van humor.
Maar bowen als, jou glimlag. Altyd breër as die breedste man gemaakte voorwerp ter aarde.
Jy was nie net ň persoon nie;
Jy was een van die mees volmaakste skeppings wat die Here ons Vader ooit kon weef in ň moeder se skoot.
Jy was ň besonderse vriend.
Rots en geliefde vir Shanice.
Steenpilaar en motiveerder vir haar asook jou vriende en familie.
Ń skouperd se uiterlike voorkoms, kan nie eers die mooiheid van jou innerlike voorkoms beskryf nie.
Ń ware vriend,
Wanneer daar trane en nood was, was jy altyd bereid om te help.
Jy was jou ma se trotsmaaker,
maar tog soveel ander mense se rolmodel as dit kom by sterk wees en wie die beste kan glimlag.
'n Boetie op sy beste, dalk die jongste van die drie seuns, maar het nooit die ander boeties se moeilikheid gehandhaaf nie.
Jou familie, geliefde en vriende het een bitter groot leemte in hulle, wat niemand kan vul nie.
Geen woord wat gesê word met die tong, maak die seer wat ons binne ons dra makliker nie.
'n Reuse stuk van iedere en elk van ons harte het Sondag oggend saam met jou gegaan.
Jy sit nou langs ons Hemelse Vader, met almal van ons se gebreekte stukkie hart, besig om elkeen stadig bymekaar, stukkie vir stukkie te sit, en vertroosting aan ons eendag te bring.
Tussen deur al die trane en seer harte, vier ons jou lewe.
Jou lewensverhaal.
Jou liefde vir die mensdom
Maar tog ook, vier ons die herinneringe van onvervangbare tye saam met jou.
Ons weet, dat vir ň korte duur jy nie meer in ons sig is nie, maar ons sal vir altyd jou in ons harte dra.
- Bernalee
Daar is min mense wat geseënd is met 'n persoonlikheid wat niks behalwe goeie memories vir al die mense om hulle maak. En Wayne was presies daai tipe persoon, elke keer as ek dink aan al die tye wat ons saam was kom daar net memories op wat ek nooit sal vergeet nie. Jy was 'n kosbare vriend wat altyd na aan my hart sal wees. Rus in Vrede my vriend jy sal altyd gemiss word.
- Ian
Ek het Wayne nie persoonlik geken nie maar soos hoe mense praat klink hy na 'n oulike en vriendelike man.
Rus sag Wayne.
Jy sal baie gemis word❤️
- Melissa
Rus in vrede ou seun. Dit wat ek van jou leer ken het en sal onthou,is jou vriendelikheid en alles doen
ten volle met baie liefde. Jy word klaar gemis. Tot ons weer ontmoet. Baie liefde
- Tannie Hester
Jou nie geken nie seun maar jou lewe is wreed kortgeknip Rus sag wayne
Baie sterkte vir sy familie
- Chantelle
Ou Waynie dit gaan glad nie meer dieselfde wees nie.Jy was een van die beste mense wat ek ken en net die sagste hartjie en altyd bereid om te luister.Die liedjie potte gaan nie meer dieselfde wees sonder jou wat dans nie.Jy was die beste gewees en ons gaan jou mis my maat❤️
- Dandre Slabbert
Lief jou my ou kiepie gaan jou vreeslik mis
- Louise van zyl
Hi julle, ek wil pla nie. Wil net se ek dink aan julle en bid vir julle. Sal vorentoe kom handskud. Sterkte en mag Jesus julle vashou en dra in hierdie tyd.
- Smitty
Rus in vrede jongman jou hele lewe het nog voor jou gelê.Jys so oud soos my een seun.Ek is Baie jammer seun oor dit wat met jou gebeur het.Jyt dit nie verdien nie.My dogter het haar eie lewe geneem 13/04/2022.Dalk as jy haar sien kyk na haar ook asb en sê ons verlang elke sekonde van elke dag na haar.
- Koekie
Ons gaan jou baie miss. Ons is en sal altyd lief wees vir jou Wayne. Jyt altyd n smile op gehad en lewe gevat soos dit kom.
- Van Zyl's
Daar is nie woorde wat kan beskryf hoe ek voel nie, jy was vir so lank deel van my lewe, dit is so onreverdig ek wil net skree en bars. Dankie vir al jou memorable oomblikke. Jy kon mens laat lag, laat trane loop en maagspiere pyn. 'n Kuier was nie' n kuier sonder Wayne van Zyl nie. Jy was unieke karakter, daar was net een van jou. Jou se goedjies en uitdrukkings sal ek nooit vergeet nie. Dankie vir al jou herinnringe. Ons vriendegroep is leeg sonder jou, maar ek belowe jou ons sal jou naam lewendig hou. Dankie vir jou teenwoordigheid in ons lewens. Ek sal ons laaste kuiertjie in my hart vir altyd behou. Jou vriende, familie en Shanice was oneindig lief vir jou en dit sal altyd so wees. My hart gaan uit na almal van julle. Dankie Wayne vir die mens wie jy was, jy was 'n besonderse mense waarvan ek net goeie woorde kan praat♥️
- Alize Botha
Jy het nie verdien om so te sterf nie.Ek ken jou nie ek het jou nog nooit ontmoet nie maar my hart gaan uit na julle almal toe. Xxoo Ek weet jy rus sag by Jesus se voete
- Anoniem
Wayne my vriend, jou afwesigheid los n groot leemte in my en duisende ander mense se lewens. Jy was n sprankelende mens waaruit net sonlig gestraal het. Elke kuier en samekoms gaan leeg weeg wees sonder jou, maar ek weet jy is op n goeie plek nou en jy sal vir altyd gemis word. Jy was n besonderse mens en vriend duisend. Rus in vrede my maat. Tot ons weer sien.
- Tiaan du Toit
My innige meegevoel met Cor en familie. Rus in Vrede Wayne. Jy was n aangename persoon en n goeie mens.
- Emile Coetzee
Rus in vrede Wayne ons het net een of twee keer saam gekuier maar jy het rrg op ons gegroei al my groete en simpatie vir sy familie ek dink aan julle veilig wees mooi bly🥺
- Anoniem
My woorde is nie baie nie maar ek wil net dankie sê vir die goeie vriend wat jy vir my was en vir die goeie tye wat ons saam gehaad het wat ek nooit sal vergeet nie jy was ń vriend wat mens altyd kon vertrou met enige iets en altyd kon opstaan gemaak het jou kort tyd hier op aarde gaan vir lank onthou word die wêreld gaan leeg wees sonder jou my maat tot ons mekaar weer sien dit is darm nie ń totsiens vir altyd nie.
- Jaques Delport
Wayne was nie net my broer nie. Hy was my beste vriend en n voorbeeld vir my ook. Ek het altyd op op gekyk na hom. Hy was die een wat altyd advies gegee het waar hy kon en probeer help waar hy kon. Hy het n sagte hart gehad met n out going personality. Almal wat hom geken het sal dieselfde se. Ons gaan jou baie miss my boet ons is baie lief vir jou.
- Kevin van Zyl
Jy het n enige plek wat jy by instap opgehelder met jou glimlag. Jou klein hart en sagte persoonlikheid n drukkie vir mens se siel. Die hemel hou partytjie , maar my hart skeer. Die wrede wêreld het jou nie verdien nie en dit wat gebeur het , het jy nie verdien nie . Rus sag mooiste mens. N stukkie van my hart is weg saam met jou. Jy los net mooi memories agter
- Anoniem
Wayne my maat, jy was ń goeie mens met ń goeie hart. Ñ goeie vriend en en almal se belange op die hart gedra. Ons sou nog iets gereel het n kuier maar toe ek my oë uitvee het die Here besluit om jou te kom haal. Rus In Vrede tjom, tot weerder sien. My gebed is dat almal vertroosting sal vind en weet jy is in die hemel op n veilig plek.
- Calven
Rus In Vrede Te vroeg weg geneem maar nou rus jy sag by Jesus se voete🕊✝️
- Vicky
Hi Wayne ons as schoonies gaan jou vriendlikheid mis en jou opregheid rus sag in vrede o
- Schoonie groete
Rus In Vrede Te vroeg weg geneem maar nou rus jy sag by Jesus se voete🕊✝️
- Vicky
Mens weet nooit wanneer is sien jou later sien jou nooit weer nie. Ek bid jou rus toe. Mag die Here jou styf in Sy arms hou en jou geliefdes vertroos. Rus in vrede
- Remona Venter-Schepers
Baie sterkte aan elke ouer, familie lid & vriend/in die is vreeslik hartseer en almal wat die skoolblad dophou oud en nuwe Schoonie dra julle op in ons gebede ongelukkig het ek nie self die jong seun geken nie, want ek is al n ou Schoonie maar ek wil net self as n ouer sê baie sterkte vir julle en dat ek bid dat God julle sal deur die swaartyd sal dra en julle sal vertroos ♥️
- Anoniem
Jy gaan werklik gemis word my pel. Dankie vir die goeie mens wat jy was vir die wereld n ware sonstraal wat lig in almal se lewe gebring het.
- Anoniem
So young, so heartsore, May he's soul rest in Peace 😢😢😢
- Carol Erusan
Wayne jy was een van die beste mense wat ek geken het,jy en Shanice was my power couple gewees,jyt altyd gesmile en het altyd ander bo jouself gesit jys n yster,een van liewe Jesus se beste engele
- Anoniem
Wayne jy was n baie oulike so goeie kind gaan jou baie baie mis jy sal altyd by ons wees💔
- Betsie
Ek ken nie vir Wayne van Zyl nie...
ek ken niemand van die familie nie..
maar ek wil my meegevoel uitspreek vir die hele familie. Ek sit in Windhoek, Namibia en voel hartseer vir die familie.
- Petra Ruffler
Wayne
Ek het jou nooit geken nie maar my sussie het x
Ek is jammer dat die wereld so wreed is
Die persoon wat dit gedoen het SAL BETAAL
Rus in vrede grootman x
- Anoniem
n beste vriend vir almal en altyd n helpende hand. Jy kon tot jou vriende se dag beter gemaak het as jy lag. Ek het met mense gepraat en gevra oor hoe hulle voel nou dat jy nie hier is en elke antwoord was dieselfde, altyd positief en daar vir almal met n glimlag. Jy was n vriend duisend
- Anoniem
Ek is so jammer Wayne, min het jy geweet toe jy by die huis wegry dat dit die laaste keer sou wees. Jy is borrellend en vol opwinding weg om 'n aandjie saam met vriende te gaan geniet. Ons almal doen dit so...jy het niks vreemd gedoen nie. As jy net kon weet sou jy n ander besluit gemaak het. Maar hoe weet ons ooit. Die ENGELE het jou gaan opraap want die HEMEL het n pêrel so nodig gehad. Jou plek hier op aarde is dolleeg maar die HEMEL is jou ewige PARADYS. Sterkte aan die familie en vriende. ❤
- Kaapstad
Wel n mens weet nooit wat die regte woorde is om te kies as n mens n boodskap los nie maar hiers myne ek kan nie sê ek ken jou persoonlik nie maar die tyd wat ons saam op skool was en die bietjie wat ek geleer van jou het saak gemaak jyt in baie mense se harte in gekruip en lewens verander jy is rerig een amazing persoon en weet net jyt baie harte leeg gelos en sal verewig gemis word
- Anoniem
Liefste Waynie.
Eks so geskok om te hoor op die manier waarop jy ons moes verlaat het. Eerstens weet ek dat jy by ons Hemelse Vader saggies rus . Waynie jy was die mees sagste en warm mens wat ek ontmoed het op skool. Jyt mys soveel meer geleer van mens wees en hoe om op te staan vir jouself ,om bietjie meer te lag en op die regte tye in stille te gaan sit en bietjie emosie uitlaat ,ek sal nooit vergeet van ons goeie tye saam op skool en buite skool nie. Dankie Waynie vir alles,wens net almal was daar om jou te help soos jy mense om jou gehelp het op skool.
Rus nou saggies Waynie,Tot ons weer sien my vriend.
Liefde Raymond
- Raymond
Wayne ons sal jou onthou vir die mens wat jy was. Altyd vriendelik behulpsaam goei maniere, en n lekker kuier vriend niks wat te veel gevra vir jou nie. Jy gaan baie gemis word.
- Albert
Wayniie, ♥️ 🙌 🥺
Met baie hartseer se ek vir jou dit was n vooreg om jou te ken. ♥️
Dit breuk my hart om te dink hoe jy weg gevat is en dat almal sit met die seer van n amazing mens wat onnodig weggevat is.
Jy het beter verdien Wayniie jy het regtig 🥺♥️
Ons het jou lief wayne♥️
Jy gaan deel wees van ons lewens in gees elke dag vir die res van ons lewens💕
Wayne jy word gemis elke sekond💔
- Lizandre Botha
Rest in peace brother - as much as we feel robbed at your loss, heaven and even we have gained another guardian angel. Will miss you so much my lil boet. Love and Light to the familie
- Kobe Mabula
Liewe wayne ek het jou wel nie persoonlik geken nie ma ek onthou jou nog van skool, hoe jy altyd uit gekyk het vir kevin en jou mense vir wie jy lief het, ek kan sien jy was baie geliefd en n sagte persoon, wat ek al gehoor het en onthou het, was jy n bitter goeie mens, Jy het dit nie verdien. Jy los diep spore in baie mense se harte 🤍 Rus in vrede...🕊👏🏻
- -Cam
RIP Wayne. Geen mens verdien om so wreed weggeneem te word. Innige simpatie aan die familie. Ons bid dat God julle vertroos in hierdie hartseer tyd.
- Anoniem
Sterkte aan al Wayne se geliefdes in die hartseer tyd. Mag Jesus julle amal styf vas hou. 🙏Mag jy RIV Wayne
- Anoniem
Seun ek het jou nie geken nie... maar in n dag het jy aan ons Harte geraak. Ek kan sien jy was baie geliefd en n sagte mens en wat ek gehoor het van jou was jy n goeie seun. Jy het dit nie verdien. Rus sag😔
- Anoniem
Wayne
This goodbye isn't forever
Goodbyes are not the end
They simply mean we will miss you
Until we meet again
Jy los diep spore is baie mense se harte !
- Anoniem
Die kind met die mooiste maniere dis hoe ons Jou onthou
Rus saggies by Jesus Se voete Seun jy los n Groot spasie in almal Se Harte
Corr en Mariette en kids Jul in ons gebede
- Anoniem
Jy gaan gemis word deur jou vriende en familie
Rus sag waar jy is by pappa Jesus se voete
- Anoniem
My gedagte gaan uit aan jou sowel as jou familie en vriende. Jy kon net sowel my seun gewees het . Waar moet ons jonges veilig hulself gaan geniet...om nie beroof te word van 'n lewe . Mag God jou ouers styf vashou en vertroos en mag jy van bo af kyk met 'n smile hoe jou lewe gevier sal word , oor jy mooi gedagtes en herhinderinge vir elkeen gelos het , wat jou pad gekruis het . Rus sag seun .
- Net 'n moeder
Wayne het vir my altyd soos ń boetie gevoel. Hy was altyd oulik en nice met my. Hy het nooit konflik veroorsaak nie en hy was altyd regverdig. Ek was lanklaas terug met hom in kontak oor sekere goed wat in die verlede gebeur het. Maar ek het so nou en dan seker gemaak dat hy nog okay en reg is. Ek gaan hom onmenslik baie mis ek hoop net die beste toe na sy familie en ek weet dat die hemel ń engel gekry het want Wayne was baie aangenaam en ń oulike siel. Daar sal geregtigheid vir hom wees! #JusticeforWayne
- Anoniem
My vriend, mag jy saggies by ons Vader Rus. Ons gaan jou baie mis. Ons sal jou nie vergeet nie, ons gaan elke deel van jou mens wees hier op aarde vier. Jy was altyd die vriendelikste mens wat ek geken het. En so gaan ons jou onthou. Jou vrou was die gelukkigste op aarde om n mens soos jy te kon hê.
- Carlia
Wayne , ons almal se harte is so verskriklik seer.🥺 Jy was nog altyd a sonskyn mens, so a goeie mens. Ek sal nooit ons skooldae saam vergeet, saam met al ons vriende. Van laerskool tot hoerskool het jy ons almal se lewe kom vervul met jou glimlag.
Jy sal viraltyd onthou word die mens wat jy was, jy los verseker a leemte in ons almal se hart.
Rus sag Wayne, (Kiepie) 🕊️🤍
- -Diena
Liewe Wayne, jou ontydige dood het die hele klerksdorp geraak.💔
Ons harte is so so seer!
Ek is só ongelooflik Jammer dat jy, iemand met so 'n mooi hart ,so wreed die wêreld moes verlaat.
Jy was beste vriende, met my vriende gewees. En hulle het jou so lief gehad. 😪
Mag jý in soete vrede rus, saam die engele om onse Vader se troon dans , want jy is waar ons almal graag eendag wil wees.
Vaarwel Waynie, die wêreld is 'n goue , goeie mens minder.
Jou leemte word gevoel. Rus sag 💔
- Michelle
Dit was te vroeg Wayne, jy het hierdie nie verdien nie, ek het jou nie geken nie, maar wens ek het. Rus sag seun!
- Anoniem
Jy's een van die beste mense wat ek in my leeftyd leer ken het.
Jy sal voortleef in ons harte.
Rus in vrede Wayne.
- Lee-Roy
Jesaja 41:13: “Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.”
My innige simpatie, bid vir julle
- Maritza
Boeta jy het so baie beteken vir my en jy het ons almal deur so baie gehelp en selfs vir my uit moeilike situasies gekry. Ek sal nooit van alles vergeet wat jy al vir my gesê het nie en alle kere wat jy vir my sussa of madam genoem het nie. Want jou Madam/Sussa sal altyd hierso wees vir jou en ek sal jou viraltyd in my hart hê.
Love you lots xxx
- Anisha
Jy is iemand se seun jy word gelief en gaan gemis word daar nie woorde nie rus sag in God se arms
- Adele
Toe ons in 2011 ontmoet het, het ek nooit gedink dat jy so groot impak op my lewe sou maak nie. Ek is ewig dankbaar vir die 11 jaar se vriendskap wat ons gehad het en vir al die memories wat ons saam gemaak het. Ek is so dankbaar dat ek jou kon ken.
Jy het 'n groot leemte gelos hier. Jy was te goed gewees vir hierdie wêreld.
Hierdie is nie totsiens nie, maar eerder, tot ons mekaar weer sien.
Ek gaan jou mis Kiepie
- Bianca van Nieuwenhuizen
Wayne...die seun met die mooi glimlag wat oorborrel van vriendelikheid, omgee en liefde. Dit was waar en hoe ek jou leer ken het
klein seuntjie tot die jong man wat jy vandag was. Daar het nooit iets lelik of negatief uit daai mond gekom nie net altyd n grapperige antwoord met n laggie wat volg. Jy het so groot impak om mense se lewens gehad wat jy nie eens van geweet het nie. My kind jy het dit nie verdien nie maar gaan lag en wees vrolik saam al die ander wonderlike engele nou om jou. Jy laat die mooiste memories agter. Rus sag Wayne💔
- Ronel Wortley
Aan die familie wil ons medelye betoon. Voor ek my dogter aan die dood afgestaan het, het ek nie geweet hoe om te simpatiseer nie maar van daardie dag weet ek hoe seer dit is. Ek het nie vir Wayne petsoonlik geken nie maar van alles wat my tannie Lolla my vertel het, was jy rustig en baie geliefd. Ek treur saam met jou familie en aan jou ouers 'n spesiale gebed van vertroosting... Onthou al daardie mooi oomblikke van jul seun en onthou onse Vader maak alles weer nuut. Moenie probeer verstaan hoekom juis so nie. Dit was jul kind se onskuld wat hom sy lewe gekos het en soos ek verstaan was dit een van sy baie mooi eienskappe. Rus sag liefste Wayne. Simply... gone too soon! Sterkte aan julle almal en onthou waar ons hulp vandaan kom🙏
- Alba
Die lewe is so onregverdig, Die Here het n pragtige roos gekies om gepluk te word, Wayne dis so verkeerd en ons het soveel vrae en trane wat stort. En die What if as ons manet. Maar dit verander niks! Ek wens ek het geweet wat om vir jou ma of broers te se maar niks of niemand gaan dit kan beter maak nie, jou plek los n groot gat in baie mense se lewens. Rus in Vrede kind jy is nou sonder pyn en seer
- Shi
Wayne.
Jy was 'n wonderlike persoon gewees. Ek het jou nie baie geken soos ander mense nie, maar jy het n groot inpak op soveel mense se lewens gehad. Jy was n hard werkende persoon wat altyd geglimlag het; iemand wie se storie glad nie nou kort geknip moes word nie. Ons is geruk van skok en rou... Mag jy sag rus by die Here en altyd glimlag van bo. Jy los n groot leemte in almal se lewens en harte. Ons sal baklei vir jou belowe!!!
- Anoniem
Young man I can remember the old days when we all had fun my deepest condolences to your family may the heavens welcome you with a celebration
- Marcelo (Soutie)
Wayne, die pyn is groot want ons verlies is groot! Harte geskeur en gebreek. Ek sal nooit vergeet hoe sag en liefdevol jy was nie. Jou geaardheid het so ver gestrek - jy los 'n gat in ons almal se harte.
You will be sorely missed.
Ek gaan jou baie mis!
Dankie Here vir Wayne en sy impak in ons lewens! Koester hom vir ons mooi tot ons hom weer sien 💓
- Jadon
Wayne jou plekkie is leeg maar ons sal jou nooit vergeet nie mag jy jou hemelse lewe geniet by Pappa Vader en mag jy jou helder lig oor ons almal skyn tot ons mekaar weer ontmoet.
Rus sag by Pappa Vader
- Layla
Liefste Waynetjie
Dankie vir al die awesome memories wat ons saam jou kon maak, memories wat ons vir altyd in ons harte sal bere. Ons gaan jou ongelooflike baie mis. Ons is baie lief vir jou.
- Oom Albert, tannie Marna en Dandre
Wayne, ons harte is leeg en ons trane loop meer as van tevore. Jy is so gou gevat Wayne. Jy het nog 'n toekoms gehad voor jou, 'n toekoms gehad saam met Shanice. Aan die familie, aan al sy vriende deel ek my innige simpatie vir jul verlies. Ons sal Wayne onthou soos ons hom geken het op skool en na skool. Ons sal jou lag hoor weergalm in ons harte. Ons sal jou mens wees onthou Wayne ons sal jou omgee onthou Wayne. Rus sag Wayne, tot ons mekaar weer sien! 😭😭💔
- Lamonique Jacobs
Wayne, ek het geen woorde nie, al wat ek weet is jou gesin is verpletterd, ons kom `n geruime tydjie saam en het lekker saam gewerk,
Jy gaan bitter baie gemis word, *RUS in Vrede* tot ons weer ontmoet, Sterkte aan Cor, Mariette, Anisha, Kevin - jul is in my gebede
- Chantel
Ek het jou wel nie persoonlik geken nie maar ek ken jou familie en jou nefie. En ek hoop dat tyd jou familie sal genees van hul pyn en seer. Ek hoop dat jou naam vir altyd onthou sal word. Die Here het jou gekies want Hy het geweet jou naam sal gebruik word om geweld te beveg. Jou dood was en is onnodig gewees. Maar jy is op n beter plek. Plek waar daar vrede is. Justice for Wayne sal aanhou leef.
- Anoniem
Beste Cor, Mariette en gesin,
Woorde kan nie behoorlik beskryf hoe ek voel nie. Jong man met sy lewe voor hom, weggeruk op so wrede manier. Hy is te vroeg na Die Ewige Ooste toe. Maar onthou wie hy was, en onthou wat hy vir almal beteken het.
- Johan Wolfaardt
Wayne, jy is baie wreed uit ons harte geruk, my binneste voel stukkend geskeur! Jy was die hartklop van die huis, met die sagste siel en die grootste hart. Ek sien jou nog sit en huiswerk doen by my kombuistafel en dan besef ek hoe n awesome jong man het jy geword. Ons drome vir jou het ver gestrek en ons het geweet jy gaan nog uitstyg! Ek hou jou herinneringe diep in my hart en sal dit koester wanneer ek verlang. Rus sag Wayne, ek gaan jou baie mis!
- Tannie Zet
Sadly we lay thee down, brother, to sleep;
Tears cannot bring thee back, vainly we weep,
Ne'er shall we greet thee more,
Upon the checkered floor,
Death's waves with sullen roar,
Between us sweep !
Morn was so fair with thee — noon was so bright,
How can we bury thee thus from our sight !
No more to grasp thy hand,
When meet our faithful band,
Where hearts 'with love expand,
We mourn thy flight.
Rest, brother, rest in peace, life's labor o'er,
Gone, at the Master's call, to yon bright shore;
Safe in the lodge above,
Iay he thy works approve,
And crown thee with his love
Forever more.
Brother, a last farewell ! in thy grave low
Emblems of faith and hope, sadly we throw !
Thy " race with patience run,"
Heaven for thee begun !
Farewell — God's will be done,
Though deep our woe !
- Anoniem
My Brother, my Blood, my Family.
your loud and constant Laughter,
your funny and inspiring Personality,
your strong and immovable Convictions,
your exceptional and endless Dreams,
your warm and bright Light,
your soft and gentle Soul,
You will be Missed, but never Forgotten.
You were too good for this world,
but heaven just received a great treasure!
- Duwayne Brown